Wat moet elke bruid haar
fotograaf vra?
Deur Loftus Viljoen [Ngonyama Photography]
September 13, 2013. Pretoria-
Ek doen hierdie blog in Afrikaans omdat daar so baie jong
voornemende bruide is wat gereeld vrae in Afrikaans vra:
Vir die meeste mense is die kosbaarste herinneringe aan
hulle troudag hulle foto album en
herleef hulle daardie tydlose oomblikke oor en oor deur wanneer hulle na hulle
trou fotos kyk.
Met my troudag in die laat 70’s was daar nie digitale fotos
nie – ons fotograaf moes met film werk en elke film het ‘n maksimum van 36
fotos op gehad. Van al die fotos wat daardie dag geneem is kon ons
“professionele” fotograaf slegs vir ons 15 foto’s gee want die meeste fotos het
in die prosesserings fase verlore gegaan. Daardie jare het ons gepraat van “dit
het nie uitgekom nie”. Toe ek in 1997 my
vrou weens kanker verloor het, het daardie 15 foto’s en die ander wat onsself
geneem het nog meer kosbaar geword.
Vandag is elke ou met ‘n selfoon ‘n “fotograaf” en elke ou
met ‘n digitale kamera ‘n “professionele fotograaf”.
Wanneer ‘n afspraak met
die fotograaf gemaak word moet die bruid
na die volgende kyk en vrae vra:
1. WIE KIES DIE FOTOGRAAF?
1.1.
Ons kry dikwels navrae vanaf die Moeder van die
Bruid, die Moeder van die Bruidegom en baie keer van die Bruidegom en andere en
wil hulle die trou fotografie “beheer” en reël en die Bruid moet maar sommer
net inval met daardie reëlings en het sy geen sê nie. DIS VERKEERD!
1.2.
Die belangrikste persoon by die troue is die
Bruid en sy moet op haar gemak wees DAAROM is die keuse van die fotograaf die
BRUID s’n. Sy moet met die fotograaf/fotograwe kan saamwerk ongeag wie op die
ou end daarvoor betaal.
2
WANNEER STEL JY JOU FOTOGRAAF AAN?
2.1.
In 1983 is ek vakansie in Oos Londen en kry ‘n oproep van ‘n vriend enkele
ure voor sy troue in Kids Beach en vra of ek hom nie kan uithelp met fotos nie
want sy fotograaf het hom in die steek
gelaat. Ek het van my mooiste trou fotos daardie dag op die strand geneem.
2.1.1. Vandag
kan enigiemand met ‘n selfoon of i-pad
fotos neem of enige iemand met ‘n
digitale kamera, maar dit maak nie van
hulle fotograwe in die werklike sin van die woord nie – hierdie mense kan jy
sommer gou-gou in die hande kry. Hulle is ook gewoonlik die goedkoopste.
2.1.2. Die
regte trou fotograwe is professionele mense en in baie gevalle word hulle lank voor die tyd geboek.
2.2.
Die beste tyd om die regte trou fotograaf te kry
is sodra jy ‘n datum vir jou troue vasgestel het. As jy in die somer trou dan is goeie trou
fotograwe soeveel as 12 maande vooruit bespreek en as dit in stiller tye is dan
minstens 6 maande vooruit.
2.3.
Maak jou fotograaf lank voor die tyd vas en met oorleg.
3. HOE KIES JY ‘N FOTOGRAAF?
3.1.
Hoe belangrik is jou trou fotos vir jou? As dit
nie so belangrik is nie – dan vra eerder jou pêlle met hulle selfone en
digitale kameras om jou trou fotos te
neem: dis sommer ook die goedkoopste.
3.2.
GOEDKOOP
IS DUURKOOP: Die grootste fout wat
bruide maak is om die goedkoopste pakket te kies in plaas van die volgende
vraag eerste te vra: “Wat wil ek hê” – elke bruid het ‘n prentjie in haar kop
van hoe sy wil lyk op haar troudag en watter fotos van haar geneem moet word. ‘n
Professionele fotograaf sal ‘n lys hê van al die “must have” fotos en watter
fotos hulle voorstel geneem moet word. Werk eers deur die lys van fotos wat jy,
as bruid, wil hê voordat jy jou pakket of album kies. Dit is onlogies en
onrealisities dat jy verwag jou
fotograaf moet 600-1000 fotos van jou troudag moet neem en jy gaan slegs 60
fotos kan kies. Onthou vir professionele toerusting kos dit elkekeer meer as
R1.00 as daardie kamera kliek. Om ‘n 1000 fotos te edit teen 3 minute per foto gaan 50 ure se werk kos of jy die
bepaalde foto gekies het of nie. Onthou
die meeste van die fotograaf se werk kom na die troue.
3.3.
INHUIS
FOTOGRAAF OF NIE? Baie trou venues maak gebruik van die sogenaamde
inhuis [in house] fotograwe, asook musiek joggies en bloemiste en voeg hulle
dit in een “budget” pakket. As jy van so ‘n pakket gebruik wil maak kyk
sorgvuldig na die vrae wat ons hierbo en hieronder aanraak. Onthou net daar is
groot waarheid in die slagspreuk “if you want to pay peanuts you will get
monkeys” – maak seker dat jy nie onrealistiese verwagtinge het nie en dan later
lang trane op die sosiale media huil oor hoe jy
“ingedoen” is.
3.4.
Daar is honderde mense wat sê hulle is fotograwe
en die maklikste is om hulle te vra of hulle ‘n webwerf het waarna jy kan gaan
kyk oor hoe lyk hulle werk. As hulle nie ‘n webwerf het waar hulle hulle fotos
vertoon nie dan moet die ROOI LIGTE alreeds vir jou aangaan.
3.5.
Dan mag hulle dalk ‘n Facebook bladsy hê – gaan
kyk daarna.
3.6.
Dan vra hulle om ‘n voorbeeld van hulle
portfolio vir jou voor te lê: iets soos ‘n album, ‘n DVD vertoning, en
voorbeelde van hulle werk wat hulle in hulle pakket gaan insluit.
3.7.
‘n Professionele fotograaf sal ‘n formele kontrak
hê – vra om dit te sien en lees dit deur.
3.8.
‘n
Professionele fotograaf sal ‘n tweede fotograaf [‘n second shooter] hê om te
help om foto’s uit verskillende hoeke te neem
3.9.
Maak seker dat jou fotograaf wel beskikbaar is
vir die datum waarop jy trou – en vra hom/haar om dit skriftelik aan jou te
bevestig.
3.10.‘n Professionele fotograaf sal professionele
toerusting hê – vra om dit te sien. Alle
professionele fotograwe het backup
kameras en dis geen verskoning as hulle vir jou sou sê hulle kamera het geval
of gebreek of battery het onklaar geraak nie.
3.11.Vra hulle ook of jy een of
twee van hulle onlangse kliente kan skakel om te hoor of daardie kliente
gelukkig was met hulle dienste. Kyk sommer ook op Hello Peter of enige van
daardie klae-blaaie of daar iemand was wat jou jou voorgenome fotograaf geklae het. Die meeste klagtes wat
ek lees gaan oor die aflewering van die finale prokdukte.
3.12.Vra vir hulle of hulle die
venue ken en of hulle al vantevore daar afgeneem het – ‘n professionele
fotograaf sal tyd spandeer om voor die tyd na die venue te ry en te ondersoek waar die beste foto
geleenthede is. ‘n Fotograaf wat ‘n paar minute voor die tyd by die
diens/seremonie/onthaal opdaag om fotos te kom neem, sonder om vooraf sy/haar
huiswerk te doen, is in my opinie nie ‘n professionele fotograaf nie.
3.13.Vergelyk appel met appels: kyk wat in jou fotograaf se pakket is
en vergelyk dit met ander pakkette. Dit is maar net so – party fotograwe neem
beter fotos as ander en party het net bloot eenvoudig ‘n beter produk om aan te
bied.
3.14.Daar is niks beter as om ‘n
fisiese album met jou trou fotos in te hê nie. ‘n Fisiese album voel net beter
tussen jou vingers en daar is niks lekkerder as om elke bladsy met jou fotos te
streel met jou hand nie. Statisitek wys
dat ‘n koffie tafel album meer aandag trek as ‘n DVD/CD met jou fotos daarop.
Party foto albums is van hoër gehalte as ander – maak seker watter een jy gaan
kry.
3.15.Vra hom in watter formaat
hy/sy skiet. Is dit RAW of is dit jpg? RAW fotos bevat baie meer inligting en pixels
as ‘n jpg en daarom kry jy baie minder RAW fotos op ‘n geheue kaart as in jpg
formaat. In jpg formaat gaan baie van die inligting verlore. In Raw is ‘n
professionele fotograaf instaat en
beter te edit en ‘n beter eindproduk te
gee. Baie fotograwe gebruik egter die jpg formaat omdat hulle meer fotos op
hulle kaarte kan kry en dus gebruik hulle minder kaarte/geheue.
3.16.As jy ongemaklik is met
jou fotograaf se antwoorde dan moet jy weet dis rooi ligte wat aangaan – kies eerder
‘n ander een.
4.
VIR WATTER FOTOGRAWE MOET EK OPPAS?
4.1.
SCAMMERS & BEDRIEëRS:
4.1.1. “Goedkoop
fotograwe” – hierdie is gewoonlik mense wat nie self ‘n portfolio het nie en
dan ander fotograwe se fotos van die Internet
steel en maak of hulle dit self geneem het.
4.1.2. Onthou
daar is ‘n gesegde wat sê: “If you pay peanuts, you will get monkeys”
4.1.3. Hulle
sal dan ook ‘n goedkoop pakket aanbied van bv R1500.00 en jou ‘n deposito vra
van bv R500.00 en dan hoor jy nie weer van hulle nie.
4.1.4. OF
- Hulle is ook die mense wat soveel as
moontlik “goedkoop” kliënte kry en dan verkoop hulle jou kontrak aan ander “genuine” fotograwe.
4.1.5. Fotograwe
wat ‘n praktyk bedryf om soveel “bookings”
op hulle boeke te plaas en dan plaas hulle hulleself in so ‘n posisie dat hulle
ontslae moet raak van hulle “goedkoopste”bookings.
4.2.
Fotograwe wat nie album of gedrukte fotos aan
jou kan wys of beskikbaar wil stel nie – oppas vir fotograwe wat net fotos op
DVD/CD plaas.
5.
Net om fotograwe se kostes in perspektief te plaas
gaan kyk na hierdie artikel http://www.qqafricaphotography.blogspot.com/2012/06/costing-photo-shoot-or-assignment.html ‘n Fotografie besigheid is ‘n duur besigheid
en fotograwe kry nie hulle kinders se
skoolgelde, onderrig, vervoer of motor, kameras, lense, toerusting, versekering
ensovoorts verniet nie. Dus wanneer iemand van BEKOSTIGBAAR praat moet
hulle nie die fotograwe se kos uit hulle monde wil neem nie.
Hierdie is 'n riglyn om jong bruide te help.
©2013 Loftus